Covid-19: 571 nuwe gevalle, 30 sterftes

Die Namibiese gesondheidsministerie het 30 Covid-sterftes in vier distrikte bevestig, asook 571 nuwe gevalle uit 2 384 toetsuitslae. In die groep is 32 leerders, sewe gesondheidswerkers, ses studente en vier onderwysers. Daar is nou 24 670 aktiewe gevalle, waarvan 532 pasiënte in hospitale is en 97 in intensiewesorgeenhede. Die adjunk-gesondheidsminister, Esther Muinjangue, gee die jongste Covid-syfers.