SA Landbou-sakekamer voorspel stygende insetkoste

Die Suid- Afrikaanse Landbou-sakekamer waarsku stygende insetkoste kan winste gemaak uit hoër graanpryse beïnvloed. Die hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê die hoë landbou-kommoditeitspryse was ‘n meevaller vir graan- en oliesade-produsente. Hy sê oor die jongste wêreldwye landboumarkte, die stygende insetkoste vir olie, onkruiddoders en kunsmis kan hierdie winste ondermyn wanneer boere die 2021-2022 produksieseisoen betree.