DA bekommerd oor verbod op draagbare brandstofhouers

Die DA se skaduminister vir minerale bronne en energie, Kevin Mileham, is bekommerd oor die verbod op draagbare brandstofhouers. Hy sê hoewel dit die opgaar van brandstof en die gebruik van petrol by brandstigting sal verhoed, sal dit ‘n uitwerking hê op mense wat kragopwekkers gebruik, en veral die landbousektor. Mileham het minister Gwede Mantashe […]

Read More

SA polisieminister: Honger is g’n rede om ammunisie te steel

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê wetstoepassers kan nie die verskoning aanvaar dat mense honger is as rede om ammunisie in KwaZulu-Natal te steel nie. Die polisie het 10 000 rondes ammunisie teruggevind wat tydens plundering in Mobeni buite Clairemont in Durban gesteel is. Cele sê die plunderaars is mense wat hulself bewapen.

Read More

Reisigers in Kuba welkom, maar bring voedsel, medisyne

Kuba se eerste minister, Manuel Marrero Cruz, het aangekondig dat reisigers na die land toegelaat sal word om voedsel, medisyne en ander noodsaaklikhede saam te bring sonder om invoertariewe te betaal. Daar sal geen beperking op die hoeveelheid goedere wees nie. Cruz sê egter dis ‘n tydelike maatreël en sal op 31 Desember heroorweeg word. […]

Read More

Aandklokreël vir KwaZulu-Natal, Gauteng gevra

Business Unity South Africa het ‘n 24-uur aandklokreël gevra vir KwaZulu-Natal en Gauteng. Dit volg te midde van die geweld en skade aan eiendom wat dele van die land oorweldig. Busa is van mening ‘n aandklokreël wat streng afgedwing word sal spesifieke gebiede help om die strate te ontruim en wetstoepassing weer beheer gee. Busa […]

Read More

Namibiese Kamer van Mynwese gee jaaroorsig van 2020

Die Namibiese Kamer van Mynwese se jaarlikse oorsig toon die hoogtepunte, prestasies en nuwe ontwikkelings in die bedryf aan. Dit bied gee ook volledige toegang tot bedryfs- en omgewings-, maatskaplike en bestuurs-aspekte en hul finansiële inligting. Die uitvoerende hoof, Veston Malango, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die 2020-jaaroorsig. Hy het gesê dat die mynbedryf […]

Read More

Saara sê Namibië onnodig afhanklik van invoere

Sedert die Covid-pandemie uitgebreek het, bestudeer die Namibiese regering pogings om die Namibiese ekonomie veerkragtig te maak en die onnodige afhanklikheid van die invoer van goedere wat hier geproduseer kan word, te verminder. Die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila gesels met Kosmos 94.1 Nuus. Die eerste minister het ook gemaan teen Namibiërs wat vrede en […]

Read More

Venaani se staatsvoertuie gaar stof op

Staatsvoertuie wat vir private en amptelike gebruik van die opposisieleier McHenry Venaani geoormerk is, versamel al vir byna ‘n jaar stof nadat dit goedgekeur is. Venaani wil glo sy eie lyfwag en motorbestuurder kies. Venaani is glo twee polisiebeamptes vir die poste aangebied, maar het hulle van die hand gewys en daarop aangedring om sy […]

Read More

Right2Know eis identiteit van aanhitsers binne Staatsveiligheidsagentskap

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie, Right2Know, wil hê President Cyril Ramaphosa moet die name bekend maak van die lede van die Staatsveiligheidsagentskap wat na bewering betrokke was by die aanhitsing tot geweld, verwoesting en plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal. Dit volg nadat die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, onthul het dat sommige agente verbind kan word […]

Read More

Brasiliaanse President hik tien dae aaneen

Brasiliese President, Jair Bolsonaro, moet dalk ‘n noodoperasie kry nadat hy in die hospitaal opgeneem is omdat hy al tien dae lank hik. Die 66-jarige president het die gehik blameer vir sy gesukkel vroeër die maand om tydens ‘n radio-onderhoud en ‘n regstreekse Facebook-gesprek te praat. Bolsonaro is tydens die 2018 presidensiële veldtog in die […]

Read More

Namibiese veiligheidsminister besoek padblokkades

Die Namibiese minister van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, is op ‘n missie om verskillende padblokkades te besoek om te verseker dat beamptes op diens by padblokkades bewus is van hul pligte, asook of hulle veilig is. Hy het vandag padblokkades suid van Windhoek op die B1-hoofweg besoek.

Read More