Right2Know eis identiteit van aanhitsers binne Staatsveiligheidsagentskap

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie, Right2Know, wil hê President Cyril Ramaphosa moet die name bekend maak van die lede van die Staatsveiligheidsagentskap wat na bewering betrokke was by die aanhitsing tot geweld, verwoesting en plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal. Dit volg nadat die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, onthul het dat sommige agente verbind kan word met die opruiery wat gelei het tot dae van geweld en plundering. Right2Know sê dit is die regering se plig om om die vermeende skuldige agente se name bekend te maak.