Namibiese veiligheidsminister besoek padblokkades

Die Namibiese minister van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, is op ‘n missie om verskillende padblokkades te besoek om te verseker dat beamptes op diens by padblokkades bewus is van hul pligte, asook of hulle veilig is. Hy het vandag padblokkades suid van Windhoek op die B1-hoofweg besoek.