Reisigers in Kuba welkom, maar bring voedsel, medisyne

Kuba se eerste minister, Manuel Marrero Cruz, het aangekondig dat reisigers na die land toegelaat sal word om voedsel, medisyne en ander noodsaaklikhede saam te bring sonder om invoertariewe te betaal. Daar sal geen beperking op die hoeveelheid goedere wees nie. Cruz sê egter dis ‘n tydelike maatreël en sal op 31 Desember heroorweeg word. Die aankondiging volg nadat duisende Kubane die afgelope dae die strate ingevaar het om te betoog oor prysstygings en kos- en medisyne-tekorte.