Venaani se staatsvoertuie gaar stof op

Staatsvoertuie wat vir private en amptelike gebruik van die opposisieleier McHenry Venaani geoormerk is, versamel al vir byna ‘n jaar stof nadat dit goedgekeur is. Venaani wil glo sy eie lyfwag en motorbestuurder kies. Venaani is glo twee polisiebeamptes vir die poste aangebied, maar het hulle van die hand gewys en daarop aangedring om sy eie lyfwag en motorbestuurder te kies. Die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu, het aan nuusagentskappe bevestig dat Venaani sy eie mense wil hê en daarom die vertraging. Venaani se selfaangestelde mense moet eers opleiding by die polisie kry voor die oorhandiging kan plaasvind, sê Kandetu.