DA bekommerd oor verbod op draagbare brandstofhouers

Die DA se skaduminister vir minerale bronne en energie, Kevin Mileham, is bekommerd oor die verbod op draagbare brandstofhouers. Hy sê hoewel dit die opgaar van brandstof en die gebruik van petrol by brandstigting sal verhoed, sal dit ‘n uitwerking hê op mense wat kragopwekkers gebruik, en veral die landbousektor. Mileham het minister Gwede Mantashe gevra om te verseker Suid-Afrika se brandstof-raffineringsvermoë word herstel.