Saara sê Namibië onnodig afhanklik van invoere

Sedert die Covid-pandemie uitgebreek het, bestudeer die Namibiese regering pogings om die Namibiese ekonomie veerkragtig te maak en die onnodige afhanklikheid van die invoer van goedere wat hier geproduseer kan word, te verminder. Die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Die eerste minister het ook gemaan teen Namibiërs wat vrede en sekuriteit in Namibië wil versteur deur die plundery en onrus in Suid-Afrika na te boots. Sy het gesê onluste is doelloos en van geen belang vir ‘n land nie. Kuugongelwa-Amadhila sê mense moet leer om kwessies op ‘n beskaafde manier aan te spreek.