Brasiliaanse President hik tien dae aaneen

Brasiliese President, Jair Bolsonaro, moet dalk ‘n noodoperasie kry nadat hy in die hospitaal opgeneem is omdat hy al tien dae lank hik. Die 66-jarige president het die gehik blameer vir sy gesukkel vroeër die maand om tydens ‘n radio-onderhoud en ‘n regstreekse Facebook-gesprek te praat. Bolsonaro is tydens die 2018 presidensiële veldtog in die maag gesteek en het ernstige inwendige skade opgedoen. Hy het sedertdien talle operasies ondergaan.