Aandklokreël vir KwaZulu-Natal, Gauteng gevra

Business Unity South Africa het ‘n 24-uur aandklokreël gevra vir KwaZulu-Natal en Gauteng. Dit volg te midde van die geweld en skade aan eiendom wat dele van die land oorweldig. Busa is van mening ‘n aandklokreël wat streng afgedwing word sal spesifieke gebiede help om die strate te ontruim en wetstoepassing weer beheer gee. Busa se president, Sipho Pityana, sê sonder duidelike en selfs dramatiese ingryping, sal die situasie nie verbeter nie.