SA polisieminister: Honger is g’n rede om ammunisie te steel

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê wetstoepassers kan nie die verskoning aanvaar dat mense honger is as rede om ammunisie in KwaZulu-Natal te steel nie. Die polisie het 10 000 rondes ammunisie teruggevind wat tydens plundering in Mobeni buite Clairemont in Durban gesteel is. Cele sê die plunderaars is mense wat hulself bewapen.