Namibiese Kamer van Mynwese gee jaaroorsig van 2020

Die Namibiese Kamer van Mynwese se jaarlikse oorsig toon die hoogtepunte, prestasies en nuwe ontwikkelings in die bedryf aan. Dit bied gee ook volledige toegang tot bedryfs- en omgewings-, maatskaplike en bestuurs-aspekte en hul finansiële inligting. Die uitvoerende hoof, Veston Malango, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die 2020-jaaroorsig. Hy het gesê dat die mynbedryf goed gevaar het in dié moeilike tyd in vergelyking met ander sektore soos toerisme.

Malango het ook gesê die mynbedryf kon 10,5 persent tot die Bruto Binenlandse Produk bydra, ondank Covid-pandemie.