Meerderheid stortingsterreine in buurland voldoen nie aan regulasies nie

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie AfriForum het sy jaarlikse oudit-verslag oor vullisverwydering- en stortingsterreine regoor die land bekendgemaak. Die projekbestuurder, Lambert de Klerk, sê dit sal aan die Groen Skerpioene vir wetstoepassing oorhandig word. Hy wys uit probleme by munisipaliteite uit wat veroorsaak dat dit ‘n gevaar vir die omgewing inhou. Dit sluit onwettige bestuurstrukture en ‘n […]

Read More

Wildehond-bewaring vorder goed

‘n Bewaringsprojek vir wildehonde wat deur Painted Wolf-wyne ondersteun en deur die Trust vir Bedreigde Natuurlewe bestuur word, vier vanjaar sy tiende bestaansjaar. Die aantal wildehonde in die Wildehonde Ruimtelike-uitbreidingsprojek het van 150 tot 250 diere toegeneem. Veilige ruimtes vir die honde het ook van 500 000 tot 1,2 miljoen hektaar uitgebrei. ‘n Woordvoerder vir […]

Read More

Alkohol-industrie: huidige maatreëls byt

Die Self-regulerende Alkohol Industrieforum sê die verbod op drankverkope oor naweke het ‘n wesenlike impak op die bedryf. Dit is nou die derde week wat die verbod van krag is. Die huidige maatreël verstryk op 31 Julie en dit is onduidelik of dit weer verleng sal word of nie. Horst Heimstädt van die forum het […]

Read More

Erge vloede in China

Rekord reënval en groot oorstromings in Henan, China, het die lewens van minstens drie mense geëis. Die Henan-provinsie het vir drie agtereenvolgende dae swaar neerslae gemeet. Meer as 20-sentimeter reën het gister die provinsiale hoofstad, Zhengzhou, geval. Henan se weerstasie het ‘n rooi waarskuwing – die hoogste alarm – vir swaar reën uitgereik. Duitsland en […]

Read More

Delta neem oor in VSA

Nuusberigte uit die VSA lui dat die Delta-variant meer as 80 persent van alle nuwe Covid-infeksies uitmaak maar, owerhede sê die beskikbare entstowwe is steeds 90 persent doeltreffend teen die variant van Covid-19, veral in verband met ernstige gevalle en hospitalisering. Gevalle in die land styg weer stelselmatig met net meer as 44 000 nuwe […]

Read More

Peaty wil sy goud verdedig, en nog twee medaljes wen

Die Olimpiese goue medalje-wenner, swemmer Adam Peaty, sê die kans vir nóg ‘n wêreldrekord by die Tokio Olimpiese Spele is binne sy bereik. Hy wil die eerste Britse swemmer word om ‘n Olimpiese titel in die 100-meter borsslag suksesvol te verdedig. Die 26-jarige het homself ook die ambisieuse taak gestel om drie goue medaljes by […]

Read More

SA verklaar droogte as ramp, bystand bitter nodig

Die hoof van die buurland se Nasionale Rampbestuursentrum, Mmaphaka Tau, sê die aanhoudende droogte in die Oos-Kaap, asook die Noord- en Wes-Kaap kwalifiseer om as ‘n nasionale ramp verklaar te word. Die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom, sê hulle sien uit na die formaat en omvang van die hulp wat die regering aan […]

Read More

Lieb Bester sterf

Die geliefde Suid-Afrikaanse akteur en musikant Lieb Bester is oorlede. Die nuus volg nadat hy vroeër die maand weer in die hospitaal opgeneem is. Sy broer dr. André Bester, het op 6 Julie gesê sy nierfunksie was baie laag en dat hy dialise moet ontvang. Sy broer het ook bevestig dat Lieb se gesondheidstryd steeds […]

Read More

BDF intimideer inwoners, goewerneur bekommerd

Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu het weer beklemtoon dat inwoners van sy streek wat in die omgewing van die Chobe, Linyanti en Kwandu-riviere woon, steeds bang is die vir Botswana weermag, wat hy as uiters kommerwekkend beskryf het. Volgens Sampofu lewe die mense in vrees en word hulle ook geteister en intimideer. Owerhede […]

Read More

EU reik waarskuwing aan Pole uit

Die Europese Kommissie het Pole gewaarsku dat hy boetes in die gesig staar as hy hom nie by ‘n beslissing van die Europese Geregshof hou nie. Volgens media berigte het die hof Pole beveel om verskeie aspekte van sy dissiplinêre regulasies te skrap, insluitend bepalings wat ‘n dissiplinêre komitee toelaat om regters se vrywaring van […]

Read More