BDF intimideer inwoners, goewerneur bekommerd

Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu het weer beklemtoon dat inwoners van sy streek wat in die omgewing van die Chobe, Linyanti en Kwandu-riviere woon, steeds bang is die vir Botswana weermag, wat hy as uiters kommerwekkend beskryf het. Volgens Sampofu lewe die mense in vrees en word hulle ook geteister en intimideer. Owerhede die streek het onlangs gesê daar is nie veel wat hulle aan die stand van sake kan doen nie omdat die mandaat vir ‘n oplossing by die ministerie van internasionale betrekkinge berus.