Alkohol-industrie: huidige maatreëls byt

Die Self-regulerende Alkohol Industrieforum sê die verbod op drankverkope oor naweke het ‘n wesenlike impak op die bedryf. Dit is nou die derde week wat die verbod van krag is. Die huidige maatreël verstryk op 31 Julie en dit is onduidelik of dit weer verleng sal word of nie. Horst Heimstädt van die forum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.