Peaty wil sy goud verdedig, en nog twee medaljes wen

Die Olimpiese goue medalje-wenner, swemmer Adam Peaty, sê die kans vir nóg ‘n wêreldrekord by die Tokio Olimpiese Spele is binne sy bereik. Hy wil die eerste Britse swemmer word om ‘n Olimpiese titel in die 100-meter borsslag suksesvol te verdedig. Die 26-jarige het homself ook die ambisieuse taak gestel om drie goue medaljes by die Spele te verower wat Vrydag begin. Peaty sê om aan die Olimpiese Spele deel te neem, is altyd spesiaal: