Erge vloede in China

Rekord reënval en groot oorstromings in Henan, China, het die lewens van minstens drie mense geëis. Die Henan-provinsie het vir drie agtereenvolgende dae swaar neerslae gemeet. Meer as 20-sentimeter reën het gister die provinsiale hoofstad, Zhengzhou, geval. Henan se weerstasie het ‘n rooi waarskuwing – die hoogste alarm – vir swaar reën uitgereik. Duitsland en België het onlangs rekordvloede beleef. Greenpeace Internasionaal het aan media gesê die risiko van uiterste weersomstandighede is nou die hoogste in China se digbevolkte middestede.