Delta neem oor in VSA

Nuusberigte uit die VSA lui dat die Delta-variant meer as 80 persent van alle nuwe Covid-infeksies uitmaak maar, owerhede sê die beskikbare entstowwe is steeds 90 persent doeltreffend teen die variant van Covid-19, veral in verband met ernstige gevalle en hospitalisering. Gevalle in die land styg weer stelselmatig met net meer as 44 000 nuwe gevalle wat in die afgelope 24-uur bevestig is. Intussen word daar berig dat lewensverwagting met 18 maande in 2020 teruggesak het na 77,3 jaar. Dit is die laagste vlak sedert 2003 en is veroorsaak deur die meer as 600 000 sterfgevalle wat as gevolg van die pandemie in die land voorgekom het.