Lieb Bester sterf

Die geliefde Suid-Afrikaanse akteur en musikant Lieb Bester is oorlede. Die nuus volg nadat hy vroeër die maand weer in die hospitaal opgeneem is. Sy broer dr. André Bester, het op 6 Julie gesê sy nierfunksie was baie laag en dat hy dialise moet ontvang. Sy broer het ook bevestig dat Lieb se gesondheidstryd steeds verband met Covid-19 wat hy sowat twee maande gelede opgedoen het, hou. André het ook bevestig dat Lieb se internis verduidelik het dat die Delta-variant van die koronavirus geneig is om die pasiënt se niere aan te tas. Hy was 72.