Vroue-rugby: nuwe skedule verwelkom

Die afrigter van die Springbok-vrouespan, Stanley Raubenheimer, het die veranderings verwelkom wat volgende jaar tydens die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland in werking tree. Wêreldrugby het aangekondig dat die toernooi langer rusperiodes sal insluit, wat die geleentheid van 35 tot 43 dae sal verleng, met vyf rusdae tussen wedstryde. Die toernooi sal die Springbok-vroue se eerste verskyning […]

Read More

LGBTQ: net die LPM, PDM luister na ons

Omar van Reenen, ‘n LGBTQ aktivis het die PDM-party daarvan beskuldig dat hy nie sy 2019-beloftes om LGBTQ-kwessies aan te spreek, nakom nie. Die leier van die PDM McHenry Venaani sê Covid-19 het hulle verlede jaar gekniehalter weens inperkingsmaatreëls. Van Reenen sê hulle het ander partye oor die kwessie genader, maar slegs die LPM-party het […]

Read More

Herrie is los oor hoofregter aanstelling in Zim

Die aanstelling van Zimbabwe se Hoofregter Luke Malaba, 70 jaar oud, het ‘n herrie ontketen in die buurland. President Emmerson Mnangagwa het sy kontrak vir ‘n verdere 5 jaar verleng. Mnangagwa was suksesvol in sy poging om die land se wette aan te pas dat regters ouer as 70 net deur hom aangestel word en […]

Read More

Saffraan-produksie groei in SA

Planne is beraam om Suid-Afrika ‘n beduidende deelnemer aan die verbou en uitvoer van saffraan te maak. Dit word bestempel as die wêreld se duurste spesery. Die stigter van Saffricon, Bennie Engelbrecht, sê die saffraan-plaasbedryf tussen Calvinia en Williston in die Noord-Kaap het die afgelope paar jaar die kuns vervolmaak om saffraan in plaaslike toestande […]

Read More

Gaza-geweld… dit duur meer as ‘n eeu

Internasionaal is daar kommer oor die toenemende geweld in Gaza. Verskeie dorpe in Israel met beide Joodse en Arabiese inwoners meld ook toenemende gevalle van burgerlike skermutselings aan, van beide kante. Die VN het vroeër ook ‘n beroep op leiers in die gebied gedoen om te staak met aanvalle in vergelding vir aanvalle. Maar waar […]

Read More

Indië het nog nie piek bereik nie

Covid-gevalle in Indië wek groot kommer en kenners meen die land se ongekende tweede vlaag het nog nie sy piek bereik nie. Daar is in die afgelope 24 uur meer as 4 200 sterftes aangeteken met amper 349 000 nuwe gevalle aangemeld. Daar word beraam dat die werklike syfers tot 10 keer hoër kan wees. […]

Read More

SA staatsondernemings se finansies bedroef

Die Suid-Afrikaanse Parlement se Portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings het sy kommer uitgespreek oor die bedryfs- en finansiële onbestendigheid by staatsondernemings in die buurland wat verder agteruitgaan. Direkteur-Generaal Kgathatso Tlhakudi het aan die komitee gesê die departement se begroting het van 77,8 miljard Namibiese doller in 2020-2021 afgeneem tot 297,6 miljoen. Hy sê dit was weens […]

Read More

Kenner bevraagteken Kavango-eksplorasie

Olie-eksplorasie in die Kavango-gebied lok steeds internasionaal reaksie uit. Die bekende omgewingsaktivis van Nigerië Nnimmo Bassey sê dit is kommerwekkend dat regerings in ontwikkelende lande wêreldwyd toelaat dat internasionale maatskappye hulle oorreed dat olie-eksplorasie groot inkomstes sal lewer sonder enige ekologiese skade en verder, dat die tipe van eksplorasie ontwikkeling sal meebring. Bassey skryf dat […]

Read More

Gaza: Blinken betreur kinder- en vrouesterftes

Amerika se Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê hy het sy senior raadgewer, Hady Amr, versoek om onmiddellik na die Midde-Ooste te reis vir ‘n vergadering met die leiers van Israel en Palestina. Dit volg op gevegte tussen die twee lande die afgelope week. Israel het sedert Maandag honderde lugaanvalle op Gaza uitgevoer, terwyl […]

Read More

SA se 3rde vlaag en die drankbedryf…

Met die Suid Afrikaanse Gesondheidsminister, Zweli Mkhize se aankondiging dat die land nou sy derde vlaag van Covid-19 betree het is daar vrese uit verskeie oorde dat die regering weer, moontlik, sterker beperkings gaan aankondig om die verspreiding van die virus te vertraag. Een van die sektore wat veral swaar geraak gaan word, sou die […]

Read More