LGBTQ: net die LPM, PDM luister na ons

Omar van Reenen, ‘n LGBTQ aktivis het die PDM-party daarvan beskuldig dat hy nie sy 2019-beloftes om LGBTQ-kwessies aan te spreek, nakom nie. Die leier van die PDM McHenry Venaani sê Covid-19 het hulle verlede jaar gekniehalter weens inperkingsmaatreëls. Van Reenen sê hulle het ander partye oor die kwessie genader, maar slegs die LPM-party het na hulle geluister.