Herrie is los oor hoofregter aanstelling in Zim

Die aanstelling van Zimbabwe se Hoofregter Luke Malaba, 70 jaar oud, het ‘n herrie ontketen in die buurland. President Emmerson Mnangagwa het sy kontrak vir ‘n verdere 5 jaar verleng. Mnangagwa was suksesvol in sy poging om die land se wette aan te pas dat regters ouer as 70 net deur hom aangestel word en dat hulle jaarlikse hernuwing van kontrak op hom berus. Die heraanstelling van Malaba word in die land se hof uitgedaag en die saak sal na verwagting môre aangehoor word. Malaba, saam met 16 ander regters wat in die stukke as respondente genoem word, verdedig die saak.