Indië het nog nie piek bereik nie

Covid-gevalle in Indië wek groot kommer en kenners meen die land se ongekende tweede vlaag het nog nie sy piek bereik nie. Daar is in die afgelope 24 uur meer as 4 200 sterftes aangeteken met amper 349 000 nuwe gevalle aangemeld. Daar word beraam dat die werklike syfers tot 10 keer hoër kan wees. Provinsiale leiers het ‘n beroep op die federale regering gedoen om ‘n verbod op die uitvoer van entstowwe te plaas. Die Indiese variant word vir die syfers blameer en daar is kommer oor die voorkoms van die variant in lande regoor die wêreld. Indië se sterftesyfer het die 250 00-kerf verbygesteek en die land se kumulatiewe gevalle is tans op meer as 23 miljoen.