Vroue-rugby: nuwe skedule verwelkom

Die afrigter van die Springbok-vrouespan, Stanley Raubenheimer, het die veranderings verwelkom wat volgende jaar tydens die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland in werking tree. Wêreldrugby het aangekondig dat die toernooi langer rusperiodes sal insluit, wat die geleentheid van 35 tot 43 dae sal verleng, met vyf rusdae tussen wedstryde. Die toernooi sal die Springbok-vroue se eerste verskyning by die Wêreldbeker-toernooi wees sedert 2014. Raubenheimer sê die spelers sal baie baat vind by die ekstra rusdae: