SA se 3rde vlaag en die drankbedryf…

Met die Suid Afrikaanse Gesondheidsminister, Zweli Mkhize se aankondiging dat die land nou sy derde vlaag van Covid-19 betree het is daar vrese uit verskeie oorde dat die regering weer, moontlik, sterker beperkings gaan aankondig om die verspreiding van die virus te vertraag. Een van die sektore wat veral swaar geraak gaan word, sou die regering weer strenger inperkings instel, is die land se drankbedryf. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se Korrespondent in die Wes-Kaap het die storie.