SA staatsondernemings se finansies bedroef

Die Suid-Afrikaanse Parlement se Portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings het sy kommer uitgespreek oor die bedryfs- en finansiële onbestendigheid by staatsondernemings in die buurland wat verder agteruitgaan. Direkteur-Generaal Kgathatso Tlhakudi het aan die komitee gesê die departement se begroting het van 77,8 miljard Namibiese doller in 2020-2021 afgeneem tot 297,6 miljoen. Hy sê dit was weens die beduidende toewysing aan staatsondernemings daardie finansiële jaar, wat 56 miljard Namibiese doller aan Eskom en 164 miljoen aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens insluit. Die komitee sê die departement moet maatreëls instel om die staatsondernemings te help om betyds risiko’s vir die regering se ontwikkelings-doelwitte te identifiseer.