Gaza: Blinken betreur kinder- en vrouesterftes

Amerika se Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê hy het sy senior raadgewer, Hady Amr, versoek om onmiddellik na die Midde-Ooste te reis vir ‘n vergadering met die leiers van Israel en Palestina. Dit volg op gevegte tussen die twee lande die afgelope week. Israel het sedert Maandag honderde lugaanvalle op Gaza uitgevoer, terwyl Palestynse rebellegroepe talle vuurpyle op Israelse stede gelanseer het. Minstens 65 mense, wat kinders insluit, is in die aanvalle in Gaza dood. Blinken betreur die lewensverlies in die gebied: