Saffraan-produksie groei in SA

Planne is beraam om Suid-Afrika ‘n beduidende deelnemer aan die verbou en uitvoer van saffraan te maak. Dit word bestempel as die wêreld se duurste spesery. Die stigter van Saffricon, Bennie Engelbrecht, sê die saffraan-plaasbedryf tussen Calvinia en Williston in die Noord-Kaap het die afgelope paar jaar die kuns vervolmaak om saffraan in plaaslike toestande te verbou. Saffricon het begin om die buiteprodusente-stelsel aan voornemende saffraanboere te bemerk en verwag om teen volgende jaar voldoende voorraad te hê om stukrag op te bou.