Gaza-geweld… dit duur meer as ‘n eeu

Internasionaal is daar kommer oor die toenemende geweld in Gaza. Verskeie dorpe in Israel met beide Joodse en Arabiese inwoners meld ook toenemende gevalle van burgerlike skermutselings aan, van beide kante. Die VN het vroeër ook ‘n beroep op leiers in die gebied gedoen om te staak met aanvalle in vergelding vir aanvalle. Maar waar kom die voortdurende spanning en geweld vandaan? Soos Yanna Smith berig, duur dit reeds meer as 100 jaar.