Covid-19 pandemie in Indië versleg

In ‘n situasie wat al hoe meer versleg het Indië die eerste land ter wêreld geword om meer as 400-duisend koronavirusgevalle op een dag aan te meld. Die land se weermag het nou sy hospitale vir die behandeling van pasiënte oopgestel. Bykans drie-en-‘n-half-duisend sterfgevalle is gister aangemeld, wat die totale sterfgevalle op meer as 200-duisend te staan bring. Die daaglikse dodetal het die afgelope drie weke bykans verdriedubbel, wat die intensiteit van die jongste vlaag weerspieël.