Lekker rugby vandag

Die Stormers se span vir vanmiddag se eerste ronde van die Reënboogbeker-reeks teen die Sharks is versterk deur die terugkeer van die 2019-Wêreld Rugbyspeler van die Jaar, Pieter-Steph du Toit. Hy was vir meer as ‘n jaar uit die spel met ‘n beenbesering en ‘n gebreekte neus. Die onderkaptein van die Stormers, wat onlangs aangewys is, Salmaan Moerat, is egter nou beseer en sal nie kan speel nie. Die wedstryd begin om twee-uur in die Kaapstad-stadion. Die Bulls speel vanaand teen die Lions op Loftus.