Namibiese huishoudings met minder besteebare inkomste

Huishoudings in Namibië het volgens die jongste syfers van die Bank van Namibië ‘n inkrimping van 1,7 persent in besteebare inkomste verlede jaar ervaar, teenoor ‘n toename van 1,1 persent wat in 2019 gemeet is. Volgens die plaaslike Ekonoom Klaus Schade beteken dit minder krediet, minder besteding en minder geld wat in die ekonomie sirkuleer.