Napoleon se lap volgende week onder die hamer

Versamelaars sal volgende week ‘n kans kry om DNS van die Franse Keiser Napoleon Bonaparte te bekom wanneer ‘n lap wat tydens sy nadoodse ondersoek op sy oorskot gebruik is, opgeveil sal word. Hy is op 5 Mei 1821 dood, 200 jaar gelede. Daar sal ongeveer 360 items te koop wees wat van sy hare, kouse en ‘n hemp waarop ‘N’ geborduur is, insluit. Daar word verwag dat die lappie ongeveer 18 000 Amerikaanse doller op veiling sal behaal. Die Osenat veilingshuis sal die veiling hanteer.