WGO sal sy bevindings oor Sinopharm en Sinovac binnekort bekendmaak

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sal sy hersienings van die 2 Chinese entstowwe, Sinopharm en Sinovac, sowel as Moderna teen die einde van volgende week bekend maak. Die WGO se Assistent Direkteur-Generaal Mariangela Simao het die aankondiging gedoen. Nog net 3 enstowwe, Johnson en Johnson, AstraZeneca en Pfizer is vir noodgebruik goedgekeur. Indien die Chinese produkte goedgekeur word sal dit die eerste entstof wat nie in ‘n Westerse land ontwikkel is nie, wat internasionaal gebruik kan word. Mense in verskeie lande, en dit sluit Namibië in, het reeds die Chinese entstof ontvang en gebruik.