Kevin Anderson uitgeskakel in Estoril Ope

Tennis: Kevin Anderson van Suid-Afrika is in die kwarteindronde van die Estoril Ope in Portugal uitgeskakel. Hy het die eerste stel in ‘n valbylstryd teen die sesde gekeurde Marin Cili van Kroasië verloor, waarna hy die handdoek ingegooi het. Daar was ook slegte nuus vir Suid-Afrika se dubbelspel-speler, Raven Klaasen. Hy en sy Japanse spanmaat, Ben McLachlan, moes in die halfeindstryd die aftog blaas. Hulle het met 3-6, 6-4 en 14-12 teen Hugo Nys van Monaco en sy Duitse spanmaat Tim Puetz verloor.