Dr Geingob loof werkers se rol in vryheidstryd

President Hage Geingob het die rol en eenheid van werkers tydens die vryheidstryd geloof. Die president het in ‘n twitter boodskap daarop gewys dat Werkersdag vandag in Namibië gevier kan word met die wete dat werkers ‘n groot bydrae in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die land gespeel het en vir hulle rol in die vryheidstryd. President Hage Geingob is volgens die presidensiële woordvoerder dr Alfredo Hengari op die oomblik in self-isolasie, nadat hy tydens sy besoek aan Rundu en Zambezi in kontak was met baie mense. Dit is slegs ‘n voorsorg maatreël en hy het volgens Hengari op die oomblik geen Covid-19 simptome nie, en is in goeie gesondheid.