LUR vat Amerika aan oor Lindani Myeni

Amerika behoort sy kop in skaamte te laat sak. Dit is die reaksie van die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling in KwaZulu-Natal, Nonhlanhla Khoza, na die liggaam van die 29-jarige Lindani Myeni van Hawaii in Suid-Afrika aangekom het. Die voormalige rugbyspeler van KwaZulu-Natal is deur Honululu-polisie doodgeskiet. Beamptes voer aan Myeni het gewelddadig geraak toe hulle by ‘n eiendom aangekom het waar hulle ‘n klagte oor ‘n beweerde inbraak ontvang het. Maar ‘n opname van ‘n oproep na die 911-noodnommer net voor hy dood is, onthul dat ‘n vrou by die nooddienste gepleit het dat Myeni ongewapen en kalm is.