Mpumalanga-landbou verlig dat vyf verdagtes borg kry

Mpumalanga-landbou in Suid-Afrika is volgens berigte verlig dat die Piet Retief-Landdroshof borgtog aan vyf mans toegestaan het wat van moord op twee broers verlede maand op ‘n plaas in Pampoenkraal aangekla word. Die boere-organisasie het versoek dat ‘n omvattende ondersoek gedoen word na die beweerde rusie wat tot die skietdood van Zenzele en Mgnici Coka gelei het. Mpumalanga-landbou sê dit is om te voorkom dat ‘n soortgelyke tragedie herhaal word. Die vyf mans word van moord, poging tot moord, dwarsboming van die gereg en ontvoering aangekla.