Stropery: sindikaatbase moet ook vervolg word

Die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga sê daar sal geen oorwinnings in die stryd teen renosterstropery wees tensy die leiers van stropingsindikate ook vervolg word nie. Werner Weber van die party sê die borgtog van 50 000 Namibiese dollar elk wat aan die beweerde leiers van só ‘n sindikaat, Johannes Groenewald en Schalk Steyn, toegestaan is, […]

Read More

Verkiesing van Mapisa-Nqakula is kaderontplooiing

Die DA sê die ANC se verkiesing van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as speaker van die Nasionale Vergadering het die parlement ontneem van sy mandaat van toerekenbaarheid en deursigtigheid. Sy is met 199 van die 298 stemme verkies. Daar was 17 bedorwe stembriewe. Natasha Mazzone van die DA sê Mapisa-Nqakula se verkiesing is nie ‘n teken van […]

Read More

Lewendehawe-uitvoere vir Junie bekend

Die Namibiese Statistieke Agentskap sê 12 055 bees is op die hoef in Junie vanjaar uitgevoer, teenoor 10 215 wat in Mei aangeteken is. Die syfer is ook hoër as die 10 007 wat verlede jaar Junie uitgevoer is. Kleinvee-abattoirs kry ook steeds swaar met 5 128 diere wat in Junie vanjaar gelewer is, teenoor […]

Read More

Navorsing oor wantrou in entstof

Die navorser en politieke ontleder van Survey Warehouse, Christie Keulder, sê dat die jongste navorsing in Suid-Afrika toon dat neoliberale sienings van gesondheidskwessies mense se wantroue in die Covid-entstof aandryf. Gemeenskappe wat voel dat hulle uitgesluit is van die land se maatskaplike stelsel is ook huiwerig om die entstof te neem. Volgens Keulder is dit […]

Read More

Afriforum sal staatsfonds in die hof teenstaan

AfriForum se regspan sê hy is gereed om die nuwe Suid-Afrikaanse staatsbeheerde fonds vir maatskaplike sekerheid teen te staan en te verhoed dat die plan deurgevoer word. Dit volg op die regering se afkondiging van ‘n groenskrif oor ‘n voorstel vir ‘n verpligte staatsbeheerde nasionale maatskaplike sekerheidsfonds waarin werkgewers en werknemers tot 12 persent van […]

Read More

Lenings dalk nie die beste opsie nie – Inkumbi

Sedert die ontstaan van die Covid-pandemie, is baie ondernemings weerloos gelaat. Die Namibiese Ontwikkelingsbank se uitvoerende hoof, Martin Inkumbi sê om bykomende lenings aan ondernemings te voorsien, selfs as tydelike verligtingsmaatreël, is nie altyd die oplossing vir sukkelende besighede wat deur die pandemie geraak is nie. Die finansiële sektor het talle maatreëls ingestel om die […]

Read More

FBI spoor Kaapstadse ma op vir kinderpornografie

‘n Kaapstadse ma wat daarvan beskuldig word dat sy naakfoto’s van haar vierjarige dogter op die internet verkoop het, word aangehou tot haar volgende hofverskyning. Die Amerikaanse FBI het die vrou aangekeer nadat ‘n agent wat hom as ‘n koper voorgedoen het, haar tot in Kaapstad nagespoor het. Die vrou se naam word weerhou om […]

Read More

Na 7 jaar erken Thomas hy het Heckmair geken

Skokkende getuienis het na vore gekom in die moordsaak van Andre Heckmair, wat nou reeds sewe jaar in die hof draai, 11 jaar na die moord. Die twee Amerikaners, Kevan Townsend en Marcus Thomas, word van Heckmair se moord aangekla. Vir die eerste keer het Thomas erken dat hy Heckmair geken het. Dit kom na […]

Read More

Staatskaping: Cyril moet verslag so vinnig moontlik bekendstel

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Ralph Mathekga, sê die staatskapingskommissie se verslag moet só saamgestel word dat die aanbevelings duidelik en reguit is. Die kommissie het verlede week amptelik die mondelinge getuienis voor hom afgesluit, maar die voorsitter van die kommissie, adjunk-hoofregter Raymond Zondo, sê hulle kan moontlik nog ‘n paar mense roep om te getuig […]

Read More

Walvis soek krag-kundige vir sy afval-tot-elektrisiteit projek

Die Walvisbaai-munisipaliteit soek op die oomblik ‘n nuwe maatskappy om hom te help met sy projek om sy stortingsterrein te gebruik vir die opwekking van elektrisiteit. Afval is bekend vir die metaangasse wat dit produseer en in talle stede regoor die wêreld word dit benut om krag te genereer. Die burgemeester Trevino Forbes sê die […]

Read More