Navorsing oor wantrou in entstof

Die navorser en politieke ontleder van Survey Warehouse, Christie Keulder, sê dat die jongste navorsing in Suid-Afrika toon dat neoliberale sienings van gesondheidskwessies mense se wantroue in die Covid-entstof aandryf. Gemeenskappe wat voel dat hulle uitgesluit is van die land se maatskaplike stelsel is ook huiwerig om die entstof te neem. Volgens Keulder is dit ‘n belangrike rolspeler in die traagheid van inentings in Namibië. Die land vorder goed wanneer syfers teen die gemiddelde van die vasteland gemeet word maar, wanneer plaaslike syfers met ander SAOG-lande met klein bevolkings vergelyk word, sak ons terug. Kudde-immuniteit word volgens kenners bereik wanneer 70 persent van die bevolking ingeënt is, wat deur die Seychelles bereik is. Plaaslik is net minder as 87 000 Namibiërs ten volle ingeënt.