Verkiesing van Mapisa-Nqakula is kaderontplooiing

Die DA sê die ANC se verkiesing van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as speaker van die Nasionale Vergadering het die parlement ontneem van sy mandaat van toerekenbaarheid en deursigtigheid. Sy is met 199 van die 298 stemme verkies. Daar was 17 bedorwe stembriewe. Natasha Mazzone van die DA sê Mapisa-Nqakula se verkiesing is nie ‘n teken van demokrasie nie, maar eerder ‘n voorbeeld van hoe die ANC se beleid van kaderontplooiing nóg ‘n demokratiese instelling gaan verwoes: