Staatskaping: Cyril moet verslag so vinnig moontlik bekendstel

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Ralph Mathekga, sê die staatskapingskommissie se verslag moet só saamgestel word dat die aanbevelings duidelik en reguit is. Die kommissie het verlede week amptelik die mondelinge getuienis voor hom afgesluit, maar die voorsitter van die kommissie, adjunk-hoofregter Raymond Zondo, sê hulle kan moontlik nog ‘n paar mense roep om te getuig indien dit absoluut noodsaaklik sou wees. Mathekga sê dit sal in President Cyril Ramaphosa se beste belang wees om die verslag so gou moontlik bekend te maak nadat hy dit ontvang het: