FBI spoor Kaapstadse ma op vir kinderpornografie

‘n Kaapstadse ma wat daarvan beskuldig word dat sy naakfoto’s van haar vierjarige dogter op die internet verkoop het, word aangehou tot haar volgende hofverskyning. Die Amerikaanse FBI het die vrou aangekeer nadat ‘n agent wat hom as ‘n koper voorgedoen het, haar tot in Kaapstad nagespoor het. Die vrou se naam word weerhou om die kind se identiteit te beskerm. Sy het glo betalings deur PayPal ontvang. Die vrou moet volgende maand in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die produksie en verkoop van kinderpornografie.