Lenings dalk nie die beste opsie nie – Inkumbi

Sedert die ontstaan van die Covid-pandemie, is baie ondernemings weerloos gelaat. Die Namibiese Ontwikkelingsbank se uitvoerende hoof, Martin Inkumbi sê om bykomende lenings aan ondernemings te voorsien, selfs as tydelike verligtingsmaatreël, is nie altyd die oplossing vir sukkelende besighede wat deur die pandemie geraak is nie. Die finansiële sektor het talle maatreëls ingestel om die weerloosheid van ondernemings weens Covid-19 te verminder. Inkumbi verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.