Stropery: sindikaatbase moet ook vervolg word

Die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga sê daar sal geen oorwinnings in die stryd teen renosterstropery wees tensy die leiers van stropingsindikate ook vervolg word nie. Werner Weber van die party sê die borgtog van 50 000 Namibiese dollar elk wat aan die beweerde leiers van só ‘n sindikaat, Johannes Groenewald en Schalk Steyn, toegestaan is, het weereens die kollig geplaas op hofsake waar geregtigheid nie geskied nie. Weber sê die provinsiale regering moet meer doen: