Lewendehawe-uitvoere vir Junie bekend

Die Namibiese Statistieke Agentskap sê 12 055 bees is op die hoef in Junie vanjaar uitgevoer, teenoor 10 215 wat in Mei aangeteken is. Die syfer is ook hoër as die 10 007 wat verlede jaar Junie uitgevoer is. Kleinvee-abattoirs kry ook steeds swaar met 5 128 diere wat in Junie vanjaar gelewer is, teenoor 6 437 in Mei. Daar is, volgens die agentskap, steeds tekorte aan kleinvee omdat boere steeds kudde bou maar uitvoersyfers stem nie met die stelling ooreen nie. Amper 52 000 kleinvee is in Junie op die hoef na buurlande uitgevoer teenoor net minder as 38 000 ‘n jaar gelede.