SA praat met Botswana oor verbod op voël-invoere

Die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het bevestig dat hy met sy eweknie in Botswana saamwerk om dié land se verbod op pluimvee-invoere uit die buurland opgehef te kry. Dit volg op bevestiging dat die uitbreking van voëlgriep op twee plase in Gauteng en een in Noordwes onder beheer is. Botswana het onlangs aangekondig dat hy alle invoere van mak en wilde voëls en hul produkte soos vleis en eiers uit Suid-Afrika opskort. Berigte is ook intussen ontvang dat vragmotors uit Suid-Afrika wat met vragte eiers na Mosambiek onderweg is, toegang tot dié land geweier word.