J&J entstof moet waarskuwing by kry

Die Europese Medisyne-agentskap met sy hoofkantoor in Amsterdam in Nederland beveel aan dat ‘n waarskuwing oor seldsame bloedklonte en ‘n lae bloedplaatjie-telling op die produk-inligting van Johnson en Johnson se Covid-19-entstof ingesluit word. Agt ernstige gevalle van seldsame bloedklonte wat verband hou met ‘n lae bloedplaatjie-telling, is na inenting by vroue in Amerika aangemeld. Een van hulle het daarvan gesterf. Emer Cooke van die medisyne-agentskap sê in al die gevalle was die vroue jonger as 60 en het die bloedklonte binne drie weke ná die inenting gevorm…