Interne ondersoek na Khorixas video

Die Kunene polisie se streek bevelvoerder Kommissaris James Nderura se ‘n interne ondersoek is geloods en ‘n span is op pad na die streek toe om die insident waar ‘n vrou deur polisie beamptes aangerand word te ondersoek. ‘n Video is van die voorval gemaak en op sosiale media versprei. Nderura sê die vrou in die beeldmateriaal is tans vry op borg na sy ‘n beampte aangerand het. In die video, klap ‘n beampte die vrou terwyl nog ‘n beampte haar op die grond sleep. Dit insident het Maandag by die Khorixas polisiestasie plaasgevind.